Openbare Beskermer se seun in ongeluk met staatsvoertuig

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela. Foto: GCIS

Die Openbare Beskermer se seun was Woensdagoggend in ʼn ongeluk met haar staatsvoertuig betrokke.

Die kantoor van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê in ʼn verklaring haar seun het in ʼn privaat woning se muur vasgery met die motor. Luidens die verklaring het Madonsela se seun ʼn lisensie en is hy nie in die ongeluk beseer nie. Madonsela was by die huis ten tyde van die voorval nadat sy Dinsdagaand van ʼn amptelike funksie in Sandton in Johannesburg teruggekeer het. Die voorval is by die Garsfontein polisiestasie aangemeld. “Ek sal myself onderwerp aan interne prosesse rakende die gebruik van staatsvoertuie in lyn met die bepalings en voorwaardes van my indiensneming. Ek het reeds kontak gemaak met die eienaars van die geaffekteerde eiendom en ingestem om hulle te vergoed vir die skade,” sê Madonsela.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus van den Berg ·

Baie goed van jou Me Madonsela om die eienaars te wil vergoed…seker ook met belastingbetalers se geld. Vergoed of nie vergoed nie, is ‘n saak tussen jou en die eienaars, maar om jou kinders toe te laat om my eiendom te gebruik en te beskadig en dan met ek ook nog betaal om die skade te herstel, dink ek verdien niks minder as dat jy persoonlik vir die herstelwerk betaal en daarna afgedank word (en ek bedoel nie na ‘n ander departement oorgeplaas word nie) sonder die gebruiklike vet pensioen en ander voordele!

Paul ·

Die seun het klaarblyklik nie toestemming gehad om met die kar te ry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.