Openbare Beskermer staan SARS teë

Die openbare beskermer, Thuli Madonsela. Foto: GCIS

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het suksesvol die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) se belastingheffing van ‘n vergoeding wat aan die boedel van ‘n oorlede staatsamptenaar uitbetaal is, teengestaan.

“In ‘n waterskeidingsaak het die invorderaar ingestem om die R110 903 aan die boedel van die betrokke amptenaar terug te betaal,” het Madonsela se kantoor in ‘n verklaring gesê. “Die bedrag is as inkomstebelasting afgetrek van die departement van korrektiewe dienste se skikkingsbedrag van R484 697 wat aan die beampte se boedel uitbetaal is.” Madonsela het in 2011 bevind dat die proses, wat deur die departement gevolg is om die man se dienste op te skort, op wanadministrasie neerkom. “In daardie stadium het minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula die regstellende aksie aanvaar, en haar departement sou dit ten volle implementeer. Die beampte is egter dood voordat die regstellende aksie implementeer kon word, en die departement moes gevolglik ‘n skikkingsbedrag aan die amtenaar se boedel uitbetaal.”

“Dit is toe egter bevraagteken of die skikkingsbedrag deur die departement neerkom op inkomste vir die belastingbetaler of sy boedel, en of dié voordele gevolglik belasbaar is kragtens die Wet op Inkomstebelasting,” lui die verklaring. Sars het later ingestem dat die skikkingsbedrag nie belasbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.