Opknappingswerk aan Zuma se woning kos R170 miljoen

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

Opknappingswerk aan president Jacob Zuma se amptelike woning in Pretoria sal die belastingbetaler na verwagting sowat R170 miljoen uit die sak jaag.

Die Star berig dat Zuma se woning ook ʼn sauna en ʼn stoomkamer sal kry as deel van die opknappings. Daar word ook opknappings gedoen by Zuma se kantore en die Bryntirion-landgoed in Pretoria waar ministers woon. Die totale koste is glo nagenoeg R400 miljoen. Die inligting het Woensdag aan die lig gekom tydens ʼn parlementêre vraag van die DA aan die minister van openbare werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde. Die DA se parlementêre leier het uitgevaar teen Zuma en het onder meer gesê dat dit verregaande is dat miljoene rande op opknappingswerk spandeer word terwyl nagenoeg 7 000 huise met die geld gebou kon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rassehund ·

now I know where the money is going to,which our German government is sending to South Africa to get houses built for the poor black people living in shads.
the money is needed to modify the house of Zuma in Pretoria into a luxury home.
the ANC voter should be aware of this and those which are still living in shads should know why there is no money to get new houses.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.