Opknappingswerk van R500 miljoen by Stonehenge

Stonehenge

Stonehenge

Die antieke Stonehenge in Engeland is teen bykans R500 miljoen opgeknap.

Die nuwe besoekerfasiliteite en tuinaanleg gaan glo die “waardigheid” van die misterieuse klipsirkel herstel.

Meer as 1 miljoen mense besoek jaarliks dié vreemde verskynsel.

Die opknappingswerk het ongeveer £27 miljoen (sowat R455 miljoen) beloop en sluit ʼn nuwe gebou, sowat 2.4 km van die klippe af, waar besoekers na die uitstalling van Neolitiese lewe kan kyk.

Besoekers kan nou op ʼn antieke paadjie afstap of ʼn pendelbus neem.

Die nuwe fasiliteite is Woensdag beskikbaar gestel aan die publiek.

Simon Thurley, hoof van English Heritage, het gesê besoekers sal nou die klippe kan beskou “sonder die gemors” wat langs hulle opgegaar het.

Stonehenge is glo in drie fases tussen 3 000 v.C. en 1 600 v.C. gebou, maar die doel is nog nie duidelik nie. Onlangse navorsing het voorgestel dat dit moontlik as ʼn reusebegraafplaas gebou is vir welgestelde families. Argeoloë het reeds oorskot van dosyne liggame opgespoor wie se ligging deur blou klippe aangedui is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.