Opknapwerk aan ikoniese Muizenberg-strandhokkies afgehandel

Die bekende huisies by Muizenberg lyk weer spoggerig. (Foto: Verskaf)

Die ikoniese huisies op Muizenberg se strand lyk sommer weer spoggerig ná die Kaapse metro se opknappingsprojek afgehandel is.

“Dit was wonderlik om vandag die voltooide restourasie van die Muizenberg-huisies te sien, net betyds vir die verwagte rekord- toerismeseisoen,” sê Geordin Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester.

Hill-Lewis het veral sy dank te kenne gegee teenoor die Vriende van die Muizenberg-huisies wat gehelp het met die opknappingswerk.

Die organisasie en metroraad het saamgewerk om die huisies opnuut tot hul voormalige glorie te herstel.

“As Kapenaars moet ons goed sorg vir hierdie spesiale erfenissimbool wanneer ons die huisies gebruik. Wanneer ons trots is op ons toerismebesienswaardighede, baat die stad met ekonomiese en werkskeppingsvoordele,” sê Hill-Lewis.

Herstel- en bouwerk aan die huisies het op 18 September begin en is net betyds afgehandel vir die Desembervakansie.

Muizenberg

Die ikoniese Muizenberg-huisies is net betyds vir die Desember-vakansie opgeknap. (Foto: Verskaf)

Só is die huisies opgeknap:

  • Die vervanging van die vloerbalke, houtdraers en dakbalke met behandelde hout.
  • Nuwe sypanele en dakke wat met Nutec behandel is.
  • Die houttrappe is herbou en betonbasisse is vir die trapleunings aangebring.
  • Houtsitplekke in die huisies is vervang.
  • Deure is vervang.
  • Alle staalboutverbindings is met gegalvaniseerde boute en plate vervang.
  • Die dakke is oorgeverf.

Die laaste fase van die projek is teen ʼn koste van R5,9 miljoen voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marlene ·

Ek het wonderlike herinneringe aan hierdie huisies uit my jongmeisie-skooldae in die sestigers. Ek twyfel of ek ooit weer van hulle gebruik sal maak. Die realiteit is dat die Kaap nie meer ‘n vrilige.

Frik ·

Bly hulle kon die plekkies herstel, maar 5,9m klink vir my na ‘n klomp geld, vir wat gedoen is.

christo ·

Wanneer die Stad Kaapstad se stadsraad en die gemeenskap belowe om iets reg te doen en dat dit gereed gaan wees vir die vakansie seisoen , dan word dit gedoen.

christo ·

Neem kennis dat ál die huisies gerestoureer is. Al die werk is behoorlik gedoen met goeie materiaal. Bou materiaal is regtig verskriklik duur en vakmanne wat dit behoorlik kan doen is skaars. Geen ANC stadsraad se swak korrupte kwaliteit werk nie.

Bolandse Nooi ·

@Marlene …… GEEN plek, in die huidige SA, is meer veilig nie, danksy die ANC en hul lakse grensbeheer-beleid. Jy kan “net gou vinnig” kafee toe ry/stap en beroof word. Die hartseerste is, is dat ons só gewoond geraak het aan die hoë misdaadsyfer, dat ons ‘dankbaar’ is as iemand ‘n aanval op sy of haar persoon oorleef het en dat ons sê: “Dit kon soveel erger gewees het”.

Ronél ·

Ag hoe mooi………………dankie stad Kaapstad…………..hou by die BLOU

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.