‘Opleiding, nie ras, bepaal indiensneming’

ʼn Persoon se professionele kwalifikasies speel ʼn belangriker rol as ras om te bepaal of hulle in ʼn professionele pos aangestel word.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) het gister in ʼn verklaring gesê hulle data toon dat die proporsie mense in professionele poste volgens ras nou ooreenstem met die proporsie mense volgens ras wat professionele kwalifikasies het. Die data daag die seining uit dat werkgewers rassetransformasie in die werkplek teenstaan. Volgens die data maak swart mense 41% van mense met ’n graad of hoër kwalifikasie uit en verteenwoordig hulle 36% van mense in professionele poste. Wit mense maak 45% van mense met ʼn graad of hoër kwalifikasie uit en verteenwoordig 42% van mense in professionele poste. Bruin mense maak 7% van mense met ʼn graad of hoër kwalifikasie uit en verteenwoordig 10% van mense in professionele poste terwyl Indiërs 7% van mense met ʼn graad of hoër kwalifikasie uitmaak en 9% van mense in professionele poste verteenwoordig. Die SAIRR sê rassevooroordeel kom in alle samelewings voor maar dat die data daarop dui dat ʼn persoon se professionele kwalifikasie die pas van toekomstige indiensnemingsbillikheid in die land gaan bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.