Oplossing gesoek vir wêreld se staatskuldprobleme

Die Amerikaanse president Barack Obama en politici was Sondag in ʼn stryd teen tyd gewikkel in ʼn poging om ʼn ooreenkoms te probeer bereik om die land se skuldplafon te verhoog en so die land se finansies van ʼn afgrond te red.

Sake24 berig wêreldmarkte was die naweek op ’n mespunt gebalanseer, terwyl daar gepoog is om oplossings te vind vir die ontwikkelde wêreld se massiewe staatskuldprobleem. In Europa is daar steeds kommer oor die skuldkrisis in Griekeland wat weer besig is om uit te kring. Daar is ook toenemende kommer oor die situasie in lande soos Italië en Spanje. Indien lande nie hul staatskuld kan terugbetaal nie kan dit groot verliese vir van die wêreld se grootste banke lei wat die beskikbaarheid van krediet verder kan inkort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.