Opname: Zuma moet bedank

President Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape / GCIS

President Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape / GCIS

Meeste jong ANC-ondersteuners het gesê Jacob Zuma moet as president bedank, volgens die uitslag van ʼn opname wat Vrydag bekend gemaak is.

“Die opname het bevind dat 56% van respondente, wat aanvoer dat hulle ANC-ondersteuners is, voel dat Zuma moet bedank,” het Shirley Wakefield, woordvoerder van Pondering Panda, gesê. Altesaam 1 997 persone tussen 18 en 34 jaar oud regoor die land het verlede maand aan dié opname deelgeneem.

Volgens Wakefield het 37% van ANC-ondersteuners gesê Zuma moet as president aanbly, en 7% was nie seker wat moet gebeur nie.

Respondente van verskillende politieke partye is ook krities oor die R203 miljoen-sekuriteitsopgraderings aan Zuma se privaatwoning by Nkandla. “Daar was oor die algemeen (65% van respondente) ʼn instemming dat Nkandla Zuma se grootste flater was.”

Negentien persent van respondente het gevoel daar is groter kwessies as Nkandla, en 10% het gevoel Nkandla is glad nie ʼn probleem vir Zuma nie.

Wakefield sê die bevindings strook met ʼn Ipsos-opname deur die Sunday Times in Desember waar 51% van ʼn verteenwoordigende 1 000 ANC-ondersteuners aangetoon het dat Zuma moet bedank.

“Meer as een onafhanklike opname het getoon dat die oorgrote meerderheid van ANC-ondersteuners voel Zuma moet bedank. Dit is ʼn kwessie wat die ANC deeglik moet oorweeg,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jaco ·

Zuma moet bedank wan hy is n onvrantwoordelike leier wat ons belastinggeld aan homself toeken.Hy hanteer die staatskas, Provan is maar net die rookskerm as finansies miister-sonder vriende! ZUMA moet liewer Nkandla n outehuis/huis vir bejaardes maak sodat ons bejaarde mense ook in weelde kan lewe.

jaco ·

Behou die gedeelte van die Nkandla ouetehuis maar hy moet bedank.Provin is n 100% minister.Verskoning word aangebied.

jaco ·

Bedank, bedank, BEDANNK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Mariaan ·

Hy moes in die eerste plek nooit president geword het nie!! Hy is ñ verleentheid vir die land. Hy steun op sy raadgewers wat net soveel onsin soos hy kwyt raak. As dit in ñ werksplek was, sou hy nog voor sy proeftydperk verby is, al ontslaan gewees het.

william ·

Zuma het geen integriteit of leiers eienskappe nie. Hy is agterbaks , onderduims en skelm. So lank as wat hy president is kan hierdie land maar vergeet van vooruitgang. Die gevaarligte brand al lankal .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.