Opod moet baba se dood ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

Paul Sebegoe, waarnemende premier van Noordwwes, het Sondag gesê die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) moet die omstandighede van ʼn drie maande oue baba se afsterwe ondersoek.

Die baba is vermoedelik in Majakaneng in Noordwes oorlede nadat hy traangas ingeasem het wat tydens onwettige betogings deur die polisie afgevuur is.

“Ons is hartseer oor die verlies van die baba en versoek dat die gemeenskap kalm moet bly terwyl ons wag vir die uitslag van die nadoodse ondersoek wat die oorsaak van sy afsterwe sal bepaal,” het Sebegoe in ʼn verklaring gesê. “Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om hulle te weerhou van onwettige gewelddadige betogings en om die spanne wat die waterprobleme so gou as moontlik wil oplos, ʼn kans te gun.”

Eskom het homself daartoe verbind om elektrisiteit te verskaf na vyf boorgate wat in die gebied gesink is om binne twee weke watervoorsiening na die gebied te verseker.

Die baba is Vrydag dood in sy ouers se slaapkamer aangetref. ʼn Gebruikte traangashouers is buite naby aan die kamer opgespoor.

Die baba se geslag is nog nie bekend gemaak nie. -SAPA

Lees ook:
Baba sterf glo weens traangas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.