Oponthoud vir polisie se elektroniese dossierstelsel

Argieffoto

Dit kan tot 20 jaar duur om ‘n volledige rekenaarstelsel te implimenteeer wat vir elektroniese polisiedossiere gebruik kan word.

Die Saturday Star het berig dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan die parlement gesê het dat hy in die afgelope 10 jaar die stelsel in slegs 79 polisiestasies kon implimenteer. Die land het tans meer as 1 000 polisiestasies. Alhoewel sommige polisiebeamptes opleiding ontvang het hoe om die stelsel te gebruik, verkies meeste egter steeds om die ou handgeskrewe stelsel te gebruik.

Die geïntegreerde saakdossierbestuurselsel (ICDMS) was veronderstel om die huidige stelsel te vervang en beamptes en speurders die geleentheid te bied om e-dossiere te skep wat ook aan die howe kon verbind. Sowat R148 miljoen is reeds aan dié projek spandeer.

Lt.gen. Bonginkosi Ngubane het gesê die opgradering van die polisie se elektroniese netwerk was ook ‘n reuse struikelblok vir die program. Sommige lede van die parlement het glo versoek dat die stelsel geskrap moet word, en gesê dat dit, teen die tyd wat dit ten volle implimenteer is, reeds verouderd sal wees. Ngubane het egter aangedui dat hy graag wil sien dat die stelsel binne die volgende twee jaar ten volle in werking moet wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.