Opposisie gaan Motsoeneng aankla

sabcʼn Groep opposisiepartye gaan kriminele klagte teen Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se waarnemende hoof operasionele bestuurder (COO), aanhangig maak.

“Hy het duidelik bedrieglike opgetree met ‘n wanvoorstelling van sy kwalifikasies aan die SABC toe hy om werk aansoek gedoen het, insluitend om te beweer dat hy matriek geslaag het,” het die groep gesê. Die groep opposisiepartye noem hulself die Kollektief vir Demokrasie en bestaan uit die Pan Africanist Congress of Azania, die Vryheidsfront Plus, die ACDP, Cope en die UCDP. “Ons doen ook ʼn beroep op die minister [van kommunikasie] of die raad om mnr. Motsoeneng te skors hangende dissiplinêre optrede en om dringend ʼn toepaslik gekwalifiseerde persoon in die pos van hoof operasionele bestuurder aan te stel.”

Die openbare beskemer het Maandag ʼn verslag bekend gemaak waarin onder meer bevind is dat Motsoeneng se aanstelling onregmatig was.

Lees ook:
OB-verslag: ‘SAUK-hoof kry 63%-verhoging in een jaar’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.