Tim Harris, DA-LP, het Gordhan se begroting as baie konserwatief beskryf. “Daar was geen nuwe groot aansporings aan die belastingkant of enige ander kant om die ekonomie aan die gang te kry nie. Aan die ander kant is die kostebesparingmaatreëls welkom indien ons die teikens wat gestel is kan bereik.” Harris sê Gordhan was nie duidelik oor wat sal gebeur indien ministers nie daarin kan slaag om kostes af te bring in hul onderskeie departemente nie.
Cope was beïndruk met Gordhan se begrotingsrede. “Ek dink dit was ʼn goeie toespraak. Ek dink Pravin Gordhan het gewys hoekom ons hom vir ʼn volgende termyn benodig en ek hoop hy sal die nuwe minister van finansies wees na die verkiesing,” het Nick Koornhof, Cope-LP, gesê. Hy sê hoewel daar geen reuse belastingtoenames was nie is die verhoging van die brandstofheffing problematies. “Dit is nie ʼn goeie tyd vir verbruikers nie in ag genome die swak rand so dit was miskien nie goeie nuus nie.”
Mangosuthu Buthelezi, leier van die IVP, sê terwyl hy verstaan dat Suid-Afrika sensitief is vir wêreldwye ekonomiese druk, ander ontluikende ekonomieë soos Turkey en Indië wys dat groei moontlik is in die huidige klimaat. “Oor armoede en ongelykheid is die minister eerlik. Hy vee dit nie onder die mat in nie maar ek dink sy toespraak het enigsins naby gekom om die probleme aan te spreek nie.”
Lees ook:
Hoogtepunte van Gordhan se begrotingsrede
Solidariteit: ‘Belastingverligting weer net skynverligting’