Oproep aan 10111: “F***f”

Yusuf Abramjee. Foto: Twitter

“F***f.” Dit was glo die reaksie van ʼn 10111-operateur toe sy ʼn oproep beantwoord het van die uitvoerende hoof van Primedia, Yusuf Ambramjee.

The Star berig dat Abramjee, ʼn kampvegter teen misdaad en ook ʼn direkteur van LeadSA, glo Sondagmiddag ʼn oproep na 10111 gemaak het terwyl hy in Laudium was en ʼn beweerde misdaad wou aanmeld. “Ek het in Laudium gery en ʼn verdagte motor gesien, waar dit gelyk het of mense dwelms verkoop het.” Abramjee sê hy het 10111 geskakel en die situasie aan die operateur verduidelik, wat toe glo dankie gesê en die foon neergesit het. Hy sê hy het nog twee oproepe gemaak wat ook neergesit is. Abramjee het glo ʼn vierde oproep gemaak en vir die operateur gevra om ʼn voertuig uit te stuur. Die operateur het glo gesê “f***f” en die foon neergesit. Die voorval het glo omstreeks 14:40 Sondagmiddag plaasgevind. Abramjee het intussen ʼn klag ingedien by die SAPD en die Onafhanklike Klagtedirektoraat. “Hulle moet die opnames nagaan en die persoon verantwoordbaar hou. Ons kan nie sit en kyk hoe die nonsens gebeur nie.” Abramjee het sy ervaring op die sosiale netwerk Twitter gedeel waarna talle mense ook hulle ervaring met die 10111 nommer gedeel het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.