Opruimingswerk op Bloubergstrand hervat na olielekkasie

Foto: SANCCOB

ʼn Opruimingsoperasie op Bloubergstrand in Kaapstad is Sondagoggend voortgesit nadat die gestrande Seli 1-vragskip vroeër olie begin lek het.

Die stad se rampbestuurowerhede sê hulle is Vrydagaand van die situasie in kennis gestel. Volgens ʼn woordvoerder, Wilfred Solomons-Johannes, sê ʼn strook van sowat 1km lank word deur die olielek geraak. Hy sê sensitiewe gebiede soos Robbeneiland en die gebied om Koeberg-kernkragstasie sal eerste aandag kry. Die Seli 1 is sedert 2009 aan die kus by Bloubergstrand gestrand. Die skip is egter besig om uitmekaar te breek weens rowwe seetoestande en sterk winde. Solomons-Johannes sê twee robwelpies en ʼn paar seemeeu is reeds dood as gevolg van die olielekkasie. Die strand bly intussen gesluit vir die publiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.