OR Tambo-lughawe het net twee dae se brandstof

Die OR Tambo Internasionale Lughawe het nog genoeg brandstof vir twee dae.

Solomon Makgale, woordvoerder van die lughawensmaatskappy Acsa, het gesê die lughawe het die afgelope naweek sonder probleme gefunksioneer en dat die vooruitsigte vir die week goed lyk. Acsa is verlede week in kennis gestel dat brandstof in die pypleiding tussen die Natref-raffinadery en die lughawe besoedel is. “Die lughawe moet genoeg brandstof vir vier dae se gebruik hê,” het Makgale gesê.

Acsa was Vrydag op soek na alternatiewe vliegtuigbrandstof om sowat 7 miljoen liter te vervang wat besoedel is. Die lughawe ontvang gewoonlik drie miljoen liter brandstof per dag deur die Natref-pypleiding. Die besoedeling is opgespoor voordat die brandstof in vliegtuie beland het. Verskaffers sal nou ondersoek hoe dit plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.