Orania en Xhosa-gemeenskap teken ooreenkoms

Orania en die Oos-Kaapse Xhosa-gemeenskap Mnyameni onderteken volgende week ’n samewerkingsooreenkoms.

“Die ooreenkoms sal die weg baan vir groter samewerking tussen Suid-Afrikaanse gemeenskappe wat graag meer selfstandig wil funksioneer,” het Jaco Kleynhans, woordvoerder van die Orania Beweging, in ‘n verklaring gesê. “Orania het reeds die afgelope 21 jaar met talle ander gemeenskappe in Suid-Afrika geskakel en hierdie ondertekening is ’n volgende stap in die ontwikkeling van beter samewerking tussen Orania en ander gemeenskappe ten einde die beginsel van gemeenskapselfstandigheid te bevorder.”

Tydens die ondertekening sal Die inhoud van die ooreenkoms sal tydens die ondertekening op 11 Desember bekend gemaak word en die leierskap van Orania en Mnyameni sal die praktiese uitvoering en implikasies van hierdie belangrike ooreenkoms verduidelik.

“Die doel van samewerking tussen Orania en Mnyameni is om as ’n alternatief tot die afhanklike posisie waarin die meeste Suid-Afrikaanse gemeenskappe vandag verkeer, ’n selfstandigheidsmodel te ontwikkel waardeur verskillende gemeenskappe saamwerk om mekaar se ekonomieë te help bevorder. Orania en Mnyameni beplan om in die toekoms op verskillende terreine waaronder landbou, onderwys en toerisme saam te werk,” het Kleynhans bygevoeg.

Dit is die eerste formele ooreenkoms tussen Orania en ’n ander gemeenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mike ·

Nico ooreenkomste verskil van mekaar, daar is letterlik duisende ooreenkomste wat aangegaan kan word . Die ooreenkoms wat hier aangegaan is is vir samewerking, dit is nie ‘n politieke ooreenkoms nie, so moenie eers daaraan dink om Piet Retief te skreeu nie want dan sit jy die pot mis.

Hierdie is ‘n goed deurdagte besluit wat gemaak is, dit gaan die linkses se groot monde snoer en die regses uit Orania hou. Wat my bekommer is dat die linkses kan toesak op Orania om te kom aas, en as hulle Orania leeg gesuig het of hulle onderduimsheid word ontbloot dan skree hulle apartheid en vlug terug SA toe.

Ek sien hier ‘n stad verrys wat die res van SA gaan verbaas, ek hoop net die Orania grondwet verbied “cheques en balances” en “wigte en teenwigte” ten sterkste.

Gemsbok ·

Wel Nico, as mede Afrikaners nie vir Orania wil ondersteun nie, dan moet die dorp seker elders na steun soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.