Organisasie na VN met bloulig-versoekskrif

Justice Project South Africa (JPSA) het die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) genader nadat die minister van vervoer nie op die organisasie se bloulig-versoekskrif gereageer het nie.

Die voorsitter van de JPSA, Howard Dembovsky, sê die versoekskrif is deur meer as 46 duisend mense onderteken en is op 1 Desember met die hand by minister Sbu Ndebele se kantoor afgelewer. Die minister is tot 31 Desember gegee om daarop te reageer. Die aanlynversoekskrif is begin nadat ʼn matriekseun van Krugersdorp, Thomas Ferreira, deur ʼn ampsmotor met ʼn bloulig omgery is. ʼn Woordvoerder van die departement van vervoer, Tiyani Rikhotso, sê hulle het die versoekskrif ontvang en dat die minister wel daarop sal reageer. Dembovksy sê ʼn brief is aan die WGO gestuur as gevolg van Ndebele se versuim om te reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae