Organisasie vra gemeenskap om hande te vat

Solidariteit Helpende Hand nooi die gemeenskap om betrokke te raak en in Junie ʼn hand na minder bevoorregtes uit te steek as deel van die organisasie se 110 Doen Goed projekte-veldtog. Die veldtog gaan gepaard met die Solidariteit Beweging se vierringe vir sy 110de bestaansjaar.

Deelnemers kan tussen 18 en 22 Junie enige weldaad in hul gemeenskap aanpak. Die slagspreuk vir die veldtog is Doen Goed, Voel Goed, Wees Goed. Die idee is dat weldoeners besef hoe lekker dit is om ʼn goeie daad te verrig en dit dan meer gereeld aanpak. Deelnemers kan as individue of spanne deelneem en kan ook meer as een projek aanpak.

Deelnemers kan die registrasievorm op Helpende Hand se webwerf (www.helpendehand.co.za) kry en dit aan [email protected] terugstuur vir koördinering.  Op die webwerf is ook ʼn projektelys om voornemende deelnemers se idees te prikkel.

Deelnemers word aangemoedig om foto’s en video’s van die verrigtinge aan Helpende Hand te stuur. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.