Organisasies loof tronkstraf vir voormalige president

Charles Taylor is Woensdag gevonnis. Foto: un.org

Menseregte-organisasies het Woensdag hulle tevredeheid uitgespreek oor die 50 jaar tronkstraf wat die voormalige Liberiese president, Charles Taylor, opgelê is. Hulle het verder gesê hierdie is ʼn bewys aan ander diktators dat hulle nie net kan maak soos hulle goeddink nie.

ʼn Spesiale tribunaal in Den Haag het Taylor Woensdagoggend gevonnis. Die 64-jarige is verlede maand op al 11 aanklagte van oorlogmisdade skuldige bevind.

Die hof het verder gesê Taylor het diamante gebruik om die Sierra Leone se Revolusionêre Verenigde Front (RUF) te steun. Dié rebelle het gemoor en verkrag. Hulle het ook seksslawe aangehou, mense se ledemate afgekap en het kindersoldate gewerf.

Die hoofregter, Richard Lussick, het Taylor se misdade as die afskuwelikste en gewelddadigste in die menslike heugenis beskryf. Taylor is die eerste staatshoof, wat sedert die Tweede Wêreldoorlog, op dié soort aanklagte skuldig bevind word. Dit blyk dat hy moontlik sy vonnis in ʼn Britse-gevangenis sal uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.