Orkaan Irene rig groot skade aan

Die foto is in West Babylon, Long Island geneem en is op 'n Facebook-groep geplaas wat geskep is vir Orkaan Irene.

Minstens 21 mense is dood nadat orkaan Irene die naweek verwoesting gesaai het aan die Amerikaanse ooskus.

Die orkaan is later afgegradeer na ’n tropiese storm. In New York het winde van tot 104 km/h gewaai terwyl miljoene mense sonder elektrisiteit gesit het na die storm getref het. Vloede het ook oor groot dele voorgekom na swaar reën en donderweer. In New York het meeste mense binnenshuis gebly in afwagting op Irene. Openbare vervoer het vir die eerste keer in die geskiedenis tot ʼn algehele stilstand gekom in die stad met meer as 9 000 vlugte wat gekanselleer is. Die eerste skadeberamings wissel tussen sewe en 20 miljard dollar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.