Orkaan Sandy: Bridges se geliefde dalk gou tuis

Sunette Bridges. Foto: Facebook

Die sangeres Sunette Bridges se lewensmaat, Chris Roets, wat in Amerika gestrand is as gevolg van orkaan Sandy, sal dalk binnekort tuis wees.

Maroela Media het Dinsdag berig Roets was in Amerika gestrand nadat meer as 7 100 vlugte teen Sondagaand weens orkaan Sandy gekanselleer moes word. Roets het Maandag die binneland ingery tot by West Virginia, waar hy deur ʼn sneeustorm vasgekeer is.

Bridges het Woensdag laat weet daar is darem ʼn moontlikheid dat Roets Donderdag ʼn vlug vanaf Washington kan kry na Londen en vandaar dan ʼn vlug na Suid-Afrika.

Klik hier vir foto’s en ʼn video van orkaan Sandy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.