Orkaan Sandy: Meer as 7 100 vlugte reeds gekanselleer

Argieffoto

Meer as 7 100 vlugte is teen Sondagaand weens orkaan Sandy gekanselleer.

Die besluit om vlugte in New York, soos US Airways, te kanselleer, is bepaal toe die stad besluit het om alle massavervoerstelsels teen 19:00 op te skort. Passasiers kan dus ook nie na en vanaf die lughawe vervoer word nie, luidens Flightaware.com. US Airways gaan moontlik sowat 2 000 vlugte moet kanselleer. Die lugredery verwag dat vlugte weer Dinsdag in volle werking sal wees, maar het klante gewaarsku dat vloede en die duur van die storm bykomende vertragings kan veroorsaak.

Intussen het orkaan Sandy ook die SA Lugdiens (SAL) gedwing om Sondag alle vlugte na en vanaf die ooskus van Amerika te kanselleer.

Die vlugte is met onmiddellike effek gekanselleer en beïnvloed vlugte na en vanaf New York en Washington, het die SAL in ‘n verklaring gesê. Die vlugte vir Sondag was SA203 (Johannesburg na New York) en SA207 (Johannesburg na Washington). Die vlugte vir Maandag is SA204 (New York na Johannesburg) en SA208 (Washington na Johannesburg). Passasiers wat deur die kansellasies geraak word kan met die lugdiens se dienssentrum or kaartjiekantoor in verbinding tree. Klante sal ‘n terugbetaling ontvang, kwytskelding van vlugveranderingsfooie of ‘n kwytskelding van kansellasie- en administratiewe fooie. SAL waarsku dat klante die aanbod voor Woensdag moet aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.