Orkaan Sandy: Sunette Bridges bekommerd oor lewensmaat

Sunette Bridges. Foto: Facebook

Die sangeres Sunette Bridges se lewensmaat, Chris Roets, is in Amerika gestrand as gevolg van orkaan Sandy.

Bridges het Dinsdag op haar Facebook-blad geskryf Roets is in West Virginia waar hy vasgekeer is deur ʼn sneeustorm. “Daar is niks wat hulle nou kan doen behalwe om te wag vir hierdie Monsterstorm om verby te gaan nie… Dis ‘n AAKLIGE gevoel om die goed om TV dop te hou en te weet iemand wat jy lief het is daar vasgekeer! Op die stadium het hulle nog elektrisiteit, maar waarskuwings dat dit nie vir veel langer sal wees nie…” [sic]

Roets was in Amerika gestrand nadat meer as 7 100 vlugte teen Sondagaand weens orkaan Sandy gekanselleer moes word. Lees meer hier.

Bridges het Maandag geskryf Roets het 300km die binneland ingery in ʼn poging om van die storm weg te kom.

Maroela Media het vroeër berig bome en kragdrade is omgewaai toe Orkaan Sandy Amerika getref het. Ten minste 12 mense is Maandag in Amerika en Kanada weens die storm oorlede. Plaaslike beamptes in New York, New Jersey, Pennsylvania, West Virginia, en North Carolina het 11 sterftes aangemeld en die polisie in Toronto het gesê ‘n vrou is dood toe ‘n inligtingsbord in haar vasgewaai het. Die windsterkte in Toronto was in daardie stadium sowat 65 km/h.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.