Oscar: Afrigter hoop op borg

Oscar Pistorius. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

Ampie Louw, Oscar Pistorius se afrigter, het Vrydag voor Pistorius se borgtogaansoek hervat is, gesê hy hoop Pistorius kry borg.

Vrydag is die vierde dag van Pistorius se borgaansoek. “Ons voel die waarheid moet uitkom en ons voel baie positief en wil hom net by die huis kry,” het Louw by die Pretoriase landroshof gesê. Hy het gesê Pistorius lyk baie hartseer en dat dit ʼn prioriteit is om hom by die huis te kry. Louw is Pistorius se afrigter al van sy tienerjare af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.