Oscar appelleer vandag

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/Sapa

Oscar Pistorius se regspan appelleer vandag in die Pretoriase hooggeregshof teen sy swaar borgtogvoorwaardes.

Dit is onwaarskynlik dat Pistorius self in die hof gaan wees, aangesien net sy regspan vir die proses nodig is. Sy prokureur, Kenny Oldwage, het Woensdag gesê dit is nie nodig dat Oscar in die hof hoef te wees nie.

Pistorius se regspan gaan versoek dat verskeie van die borgtogvoorwaardes verander of geskrap word. Hulle gaan onder andere versoek dat Pistorius toegelaat kan word om te kan reis, mits hy toestemming van die ondersoekbeampte het. Hulle probeer ook die voorwaarde skrap wat Pistorius versoek om verpligte dwelm- en alkoholtoetse by sy proefbeampte in te dien. Pistorius versoek ook om toegelaat te word om na sy huis in die Silver Woods-landgoed terug te keer, waar hy op Valentynsdag vir Reeva Steenkamp doodgeskiet het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan die appèl teenstaan. Die staat gaan aanvoer Pistorius besef nie die erns van die moordaanklag of die gevolge daarvan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hannetjie ·

Ek het nogal gedink die borgvoorwaardes was redelik. Hy is steeds ñ verdagte in ñ moord en tot anders bewys, moet hy dit maar nakom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.