Oscar beboet oor taks

Pistorius verskyn in die Pretoria-landdroshof tydens sy borgaansoek in Februarie. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius is ʼn boete deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) opgelê weens onbetaalde belasting, berig City Press.

Volgens die berig het die SAID Pistorius se geldsake bekyk ná sy borgaansoek in Februarie nadat dit aan die lig gekom het hoeveel hy per jaar verdien. Die SAID het bevind dat Pistorius onbetaalde belasting het en is Pistorius met “minder as R1 miljoen” beboet. Hy het glo reeds die boete betaal. Volgens die berig kon nóg die SAID nóg die Pistorius-familie vir kommentaar bereik word.

Pistorius word aangekla van die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp. Hy is in Februarie op borgtog van R1 miljoen vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.