Oscar begin weer oefen

Pistorius

Oscar Pistorius het weer begin oefen maar bly gefokus op die hofsaak wat nog voorlê, het sy familie Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Oscar het besluit om ʼn minder inspannende baanroetine te hervat,” het Anneliese Burgess Donderdag in ʼn verklaring namens die Pistorius-familie gesê. “Oscar oorweeg dit nie om amptelik terug te keer na atletiek nie en sy opleiding is nie daarop gemik om voor te berei vir ‘n kompetisie nie.” Burgess sê Pistorius se familie het hom aangemoedig om vir ʼn paar uur elke week te oefen ten einde die “nodige geestelike en emosionele ewewig te vind om sy trauma te verwerk en voor te berei vir die [verhoor]. Sy fokus, in die stadium, bly geheel en al op die hofsaak.”

Pistorius word van moord aangekla nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie doodgeskiet het. Pistorius voer aan dat hy haar as ʼn inbreker aangesien het terwyl die staat meen dit was moord met voorbedagte rade. Pistorius het op 4 Junie in die hof verskyn en die saak is tot 19 Augustus uitgestel. Hy is in Februarie op borgtog van R1 miljoen vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.