Oscar: “Bewyse dui nie op moord”

Oscar Pistorius se regsspan. Foto: Werner Beukes/Sapa

Adv. Barry Roux het Donderdag in sy slotargument vir sy kliënt, Oscar Pistorius, se borgaansoek gesê bewyse dui daarop dat Oscar nie moord gepleeg het nie.

Roux het in die Pretoriase landdroshof aangevoer oor die “swak gehalte werk” van die ondersoekbeampte en het gesê daar was tekortkominge in die staat se saak.

Roux het gesê die onus was op die staat om te bewys dit was moord met voorbedagte rade, maar dat hulle dit nie reggekry het nie.

Pistorius word aangekla van die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, wat hy in ʼn verklaring ontken het.

“As Pistorius vir Steenkamp wou doodmaak, het hy nie nodig gehad om dit agter ʼn geslote badkamerdeur te doen nie, hy kon dit enige plek doen,” het Roux gesê. “Daar is geen bewyse dat Pistorius geweet het dit was Steenkamp in die toilet nie.”

ʼn Nadoodse ondersoek het bewys dat haar blaas leeg was, in ooreenstemming met ‘n persoon wat vroeg in die oggend opgestaan het om te urineer. Hy het ook gesê die feit dat Steenkamp die aand daar oorgeslaap het, dui op ‘n “liefdevolle verhouding”.

Die hof het daarna verdaag vir middagete. Die staat moet nog sy slotargument lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Petra ·

HOOR HOOR ! OSCAR IS NIE SKULDIG AAN MOORD NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Marietjie Roux ·

Ons mag nie oordeel en God speel nie. As hy skuldig is, is dit nie ons plek on hom te stenig nie. Kom ons wag vir die waarheid om te seëvier, watter kant toe ookal!

Petro Claassen ·

Jammer vir Reeva se ouers en familie maar arme Oscar wat sy eie meisie geskiet het dit alleen is n groter straf….ek glo hy is onskuldig en die Here openbaar alles wat in die donker gebeur so die Here sal hom help…em wat die ondersoek beampte aanbetref swak gehalte werk…kry Piet Beyleveld as jy kwaliteit polisie werk gedoen wil he…ek stem saam met Adv Roux die hele ondersoek is besoedel…p

Marlené ·

HIER MOET GEREGTIGHEID GESKIET. OP DIE EINDE SAL GELD SEKER WEER REGMAAK WAT KROM IS. EK KAN BAIE SÈ AS EK WIL. MAAR NET EEN PERSOON HIER KAN SY SAAK STEL! REEVA EK IS SO SÓ JAMMER VIR JOU! HOE MOES JY VOEL NA DIE 1e SKOOT? WENS EK WAS DAAR ‘ ‘ ‘Om jou jou te help’ ‘ ‘

Marlené ·

Die feit bly staan n moord is gepleeg’ 3 skote raak dis beslis moord. Jy mag nie skiet nie’ wie ook al. N Moord is dus gepleeg. Iemand se lewe is geneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.