Oscar: Borgtogvoorwaardes verlig

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/Sapa

Oscar Pistorius se regspan het vandag in die Pretoriase hooggeregshof hul appèl teen sy swaar borgtogvoorwaardes geslaag.

Pistorius het geappelleer teen sommige voorwaardes wat regter Desmond Nair op 22 Februarie in die Pretoriase landdroshof toegestaan het. Pistorius was nie self in die hof teenwoordig nie.

Regter Bert Bam het gesê die hooggeregshof kan inmeng as dit bevind dat die laer hof verkeerd was. Hy het verskeie van landdros Nair se voorwaardes verwerp.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.