Oscar breek sy stilte

Pistorius in die Pretoria-landdroshof tydens sy borgaansoek in Februarie. Foto: Werner Beukes/SAPA

Pistorius in die Pretoria-landdroshof tydens sy borgaansoek in Februarie. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius het vandag presies ʼn jaar nadat sy modelmeisie Reeva Steenkamp op 14 Februarie in sy huis in Pretoria doodgeskiet is, die eerste keer sy stilte gebreek.

“Geen woorde kan voldoende my gevoelens oor die verwoestende ongeluk, wat soveel hartseer vir almal wat waarlik vir Reeva lief was en steeds lief het, beskryf nie. Die pyn en hartseer – veral vir Reeva se ouers, familie en vriende verteer my met hartseer. Die verlies van Reeva en die trauma van daardie dag sal ek die res van my lewe saam met my dra,” het Pistorius in ʼn boodskap op sy webtuiste gesê.

Steenkamp is op 14 Februarie 2013 in Pistorius se huis in die Silver Woods Country Estate in die ooste van Pretoria doodgeskiet. Die staat beweer Pistorius het Steenkamp met voorbedagte rade vermoor terwyl Pistorius sê dit was ʼn ongeluk en dat hy haar vir ʼn inbreker aangesien het.

Pistorius se moordverhoor begin op 3 Maart in die hooggeregshof in Pretoria. Volgens die aanvanklike aanklaglys gaan 107 getuies vir die staat getuig. Die Paralimpiese atleet is op 22 Februarie borgtog van R1 miljoen in die Pretoriase landdroshof toegestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eben ·

Sterkte Oscar ….. glo my die staat gaan sy ‘gat’ sien weens swak ondersoek!

Monica ·

Ek dink dit is ‘n fyn beplande set van Oscar om nou skielik sy stilte te breek, want die verhoor begin oor ‘n paar dae.

pop ·

Oscar, jys n slim mannetjie.!!!! En as jy enigsins n gewete het glo ek sal dit jou vir die res van jou lewe pla. Kry hulp vir jou onbeheerste woede, want soos Eben se, die staat is te slapgat om mense wat skuldig is aan die pen te laat ry. Ek glo nie dis reg dat mens n ander se lewe kan vat en dan skotvry kom nie. Dit skreeu ten hemele. Ek huil oor hierdie land waar geen geregtigheid en orde meer is nie.

MartinSc ·

Oscar jy het nie ‘n voet om op te staan nie!
Maar dan weer, soos in die Griekwas Stad Moorde, sal die Staat hom ‘n paar “leen” d.m..v patetiese ondersoek werk.

Jan Greyling ·

Ons kan bespiegel en voorspel….Oscar weet presies hoe 14 Februarie ‘n jaar gelede ontvou het…tog is dit God alleen wat die uitkoms hiervan lankal reeds ken, in Sy wil vir hierdie talentvolle en gerespekteerde jongman, met die karaktertrekke van net nog ‘n Godgeskape mens. Mag Oscar se storie God se glorie word…,”and his history become and remain his testimony”, tot uitbouing van Sy Hemelse koningkryk. Elkeen se storms en ‘wake-up calls’ lyk net anders, maar beproewing is groei…vir Reeva se kosbaarstes, maar ook vir Oscar en hulle wie hom lief het. Bid saam, om Sy wil alleen.

Shirley Wassenaar ·

My hart gaan uit na almal betrokke. Haar ouers en veral Oscar. Ek het geen twyfel dat hy haar baie lief gehad het nie. Dit moet verskriklik wees om te besef dat jy wel iemand se dood veroorsaak het en soveel erger, iemand wat jy liefgehad het nie. Hy moet daarmee lewe. Dit moet verskriklik wees. My ouers het altyd gese dat nie n haar van jou kop sal afval sonder die wil van die Here nie. Elkeen van ons se lewentjies is uitgele vir ons en niemand kan dit verander nie. My seuntjie is oorlede asgevolg van iemand se nalatigheid. Die hartseer is verskriklik maar ek het gesien hoe dit die persoon geaffekteer het. Ek wil net se dit is maklik om te oordeel net God weet die waarheid

rika kotze ·

Ek stem saam met jou Jan, ek glo God het n plan vir Oscar, reeds omdat hy so wereld beroemd is. Ek glo nie hy het self besef hoe beroemd hy eintlik is nie. Mense trek hom uitmekaar alhoewel hulle hom nie eers ken nie. Ek glo met my hele hart die Here gaan hom help om deur hierdie saak te kom.
Ons bid elke dag vir hom, en ek kry hom vandag BAIE jammer – STERKTE EN LIEFDE VIR JOU EN JOU FAMILIE OSCAR!

andrea van Vuren ·

Ons lmal weet dat Oscar ‘n aggressiee geaardheid het.Hy moet asb. ophou om kop onderstebo in die hof te staan. Of hy nou lemme vir bene het of nie, hy het ;n moord gepleeg!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.