Oscar dalk in hospitaal

Oscar Pistorius Vrydag in die hof, voor hy gehoor het hy kry borg. Foto: Werner Beukes/Sapa

Gerugte dui daarop dat Oscar Pistorius Maandag in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem is.

ʼn Polisiebron, wat anoniem wil bly, het aan Maroela Media gesê Pistorius is blykbaar opgeneem vir geestelike evaluasie.

Lunice Johnston, ʼn woordvoerder van Vuma Reputation Management wat namens Pistorius se gesin medianavrae hanteer, het aan Maroela Media gesê sy is nie bewus daarvan nie en as dit waar is, sal dit ʼn private aangeleentheid wees.

Maroela Media het die betrokke hospitaal genader vir kommentaar en die hospitaal se woordvoerder ontken egter ook die gerugte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rusty Angel ·

Bah!! Ha!! “Geestes toestand” ?? Van waneer af is jaloesie n geestes toestand? Hierdie regspan gryp elke grashalmpie en OP gaan SKOTVRY loskom. Hoop dat Van Aard hulle ook gaan gas gee … There is no method in this madness”. …. RIP Reeva

Ria ·

Veerskoon my Rusty, en ken jou nie, maar wil net vir jou se dat die man onskuldig is tot hy skuldig bevind word! So pasop met komentaar wat ongevraagd is… En of hy nou skuldig is of nie, kan jy net dink wat doen so n iets aan sy geestes toestand??? Sy regspan en ander mense rondom hom doen baie goeie werk!!

Hennie ·

Ek wens almal wil nou vir Oscar met vrede los. Toe Oscar ons land verteenwoordig het was hy alles,maar nou dat hy ons nodig het draai die mense teen hom haal eers die balk uit jou eie oog voordat jy die splinter uit sy oog haal Ek sal bly glo in Oscar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.