Oscar dan net vlugtig in die hof

Pistorius tydens een van sy hofverskynings in Februarie. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius se hofverskyning op 4 Junie in die Pretoriase distrikshof sal slegs sowat 10 minute duur aangesien die polisie se ondersoek na die saak na verwagting eers teen Augustus afgehandel sal wees.

Pistorius word van moord aangekla nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie doodgeskiet het. Pistorius voer aan dat hy haar as ʼn inbreker aangesien het terwyl die staat meen dit was moord met voorbedagte rade. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak sal net uitgestel word terwyl die polisie voortgaan om bewysstukke bymekaar te maak en moontlike getuies te ondervra. Dit sal Pistorius se eerste hofverskyning wees nadat hy op 22 Februarie op borg van R1 miljoen vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.