Oscar en beeldpoetsers se paaie skei

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/Sapa

Oscar Pistorius en sy familie het paaie geskei met hul beeldpoetsers.

The New Age het Donderdag berig dat die beeldpoetsers, Vuma Reputation Management, alle medianavrae aan die Pistorius-familie oorhandig het.

Lunice Johnston, ʼn woordvoerder van die maatskappy, het ontken dat dit enigiets te doen het met Oscar se pa, Henke, se onlangse omstrede opmerkings dat die ANC faal om wit Suid-Afrikaners te beskerm. “Dit is beslis nie die geval nie. Ons het slegs ʼn twee week lange kontrak met die Pistorius-familie gehad, omdat die familie oorval is met nasionale en internasionale medianavrae,” het Johnson gesê. Vuma is versoek om onderhoude te hanteer sodat die familie kon fokus op Oscar se borgtogaansoek en die rouproses.

Sy het gesê hoewel hulle weet die familie en Oscar nog rou en sukkel om wat gebeur het, te verwerk, glo hulle die gesin sal nou die medianavrae self kan hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.