Oscar enigste SA’ner op ‘Time 100’-lys

Oscar Pistorius. Foto: Facebook

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is die enigste Suid-Afrikaner om vanjaar op die nuustydskrif Time se lys van die 100 mees invloedryke mense ter wêreld te verskyn.

Sean Gregory, Time se sportskrywer, sê Pistorius (25) het karakter gewys deur saam met nie-gestremde atlete deel te neem. “Hy is die definisie van wêreldwye inspirasie.” Pistorius het reeds vanjaar ʼn Olimpiese kwalifiserende standaard aangeteken in die 400m nadat hy verlede maand ʼn tyd van 45.20 sekondes aangeteken het in Pretoria. Pistorius moet weer die tyd aan te teken tydens ʼn internasionale byeenkoms om vir vanjaar se Olimpiese Spele in Londen te kwalifiseer.

Die sangers Rihanna en Adele, die aktrise Kristen Wiig en die tennisspeler Novak Djokovic het ook die lys gehaal. Politici op die lys sluit in die president van Amerika, Barack Obama, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hilary Clinton, die Duitse kanselier, Angela Merkel en die Nigeriese president, Goodluck Jonathan. Catherine Middleton, die hertogin van Cambridge, en haar sussie, Pippa, het ook die lys gehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.