Sean Gregory, Time se sportskrywer, sê Pistorius (25) het karakter gewys deur saam met nie-gestremde atlete deel te neem. “Hy is die definisie van wêreldwye inspirasie.” Pistorius het reeds vanjaar ʼn Olimpiese kwalifiserende standaard aangeteken in die 400m nadat hy verlede maand ʼn tyd van 45.20 sekondes aangeteken het in Pretoria. Pistorius moet weer die tyd aan te teken tydens ʼn internasionale byeenkoms om vir vanjaar se Olimpiese Spele in Londen te kwalifiseer.
Die sangers Rihanna en Adele, die aktrise Kristen Wiig en die tennisspeler Novak Djokovic het ook die lys gehaal. Politici op die lys sluit in die president van Amerika, Barack Obama, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hilary Clinton, die Duitse kanselier, Angela Merkel en die Nigeriese president, Goodluck Jonathan. Catherine Middleton, die hertogin van Cambridge, en haar sussie, Pippa, het ook die lys gehaal.