Oscar gaan aand in tronk spandeer

Die polisie het pas aangekondig dat Oscar Pistorius Donderdagaand in gevangenis gaan deurbring.

Brig. Denise Beukes, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die senior staatsaanklaer het aangedui dat Oscar se saak nie vandag in die hof aangehoor gaan word nie. Die saak sal na verwagting môre in die Pretoriase landdroshof voorkom.

Oscar sou na verwagting om 14:00 in die hof verskyn het om vir borg aansoek te doen ná ʼn skietvoorval vroeër vandag by sy huis. Die staat het egter laat weet hulle gaan sy borg teenstaan.

Oscar (26) het Donderdagoggend glo per ongeluk sy jaarlange vriendin, die model Reeva Steenkamp (30), geskiet, nadat hy haar glo as ʼn inbreker aangesien het. Die voorval het omstreeks 04:00 in sy huis in die Silver Woods-veiligheidskompleks in Silver Lakes, Pretoria, plaasgevind. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

dirk ·

ek dink hy is n verwaandeklein hoenderhaantjie hy gaan sy dag kry maar daar is ook weer n klomp tegniese aspekte wat ver band hou met die saak en hy mag dalk vry loop hoop nie so nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.