Oscar gaan vir eers nie oefen nie

Oscar Pistorius. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het glo geen planne om weer te begin oefen nie.

Lunice Johnston, wat as die gesin se amptelike woordvoerder aangestel is, het gesê Pistorius is steeds in ‘n “baie sensitiewe stadium” nadat hy van die moord op Reeva Steenkamp aangekla is, het Beeld Woensdag berig. “Oscar treur steeds en sal glad nie binnekort kan begin oefen nie,” het Johnston gesê. “Hy sal ook, as ‘n mate van respek vir Reeva se gesin en vriende wat ook nog steeds treur, nie oefen nie.”

Sy sê Pistorius beplan om in die tyd vandat hy verlede week Vrydag op borg vrygelaat is totdat hy in Junie weer in die hof moet verskyn, sy bande met sy familie te verstewig.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.