Oscar het glo amper ʼn vriend ook geskiet

Kevin Lerena. Foto: africanring.co.za

Oscar Pistorius het glo in Januarie per ongeluk ʼn geweerskoot in ʼn besige restaurant in Melrose Arch laat afgaan, en byna ʼn vriend raakgeskiet.

Beeld berig die koeël het amper sy vriend, Kevin Lerena, in die voet getref. Lerena is ʼn bokser en gemeenskaplike vriend van Pistorius (26) en Reeva Steenkamp (29). Steenkamp is verlede Donderdag in Pistorius se spoghuis in die Silwer Woods-landgoed doodgeskiet.

“Ek het groot geskrik want die koeël het die grond ʼn paar sentimeters van my voet af getref, maar dit was werklik net ʼn fratsongeluk,” het Lerena aan Beeld gesê. Lerena was by die Tasha’s-restaurant saam met ʼn groep vriende, waaronder Pistorius en Steenkamp. “Ek moet beklemtoon dat die geweer aan een van Pistorius se vriende behoort het. Pistorius wou net na die geweer kyk. Dit het op ʼn manier teen sy broek vasgehaak, wat veroorsaak het dat die veiligheidspen loskom. Daarna het ʼn skoot afgegaan. Ek sal glad nie sê hy was nalatig nie, dit was net ʼn ongeluk. Hy het vir dae lank ná die voorval nog omverskoning gevra,” het Lerena gesê.

Niemand van die restaurant het die voorval by die polisie aangemeld nie, omdat Pistorius en Steenkamp glo gereelde klante was. “Ek het gaan ondersoek instel ná ek die skoot gehoor het, maar almal het ontken dat iets gebeur het,” het Jason Loupis, die restaurant se bestuurder, gesê.

– Sapa

Lees ook:
Oscar se wedlope gekanselleer
Bebloede kolf glo in Oscar se huis opgespoor
Reeva se nadoodse ondersoek afgehandel
Polisie glo bang Oscar pleeg selfmoord
Oscar: Media in moeilikheid oor foto
Reeva se gedenkdiens gereël
Oscar se gesin betwis moordklag
Oscar bly in aanhouding
Oscar het Reeva glo deur toe badkamerdeur geskiet
Pistorius vandag in hof
Oscar: M-Net onttrek advertensieveldtog 
Oscar-skietery: Ooggetuies beweer paartjie het gestry
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Oscar: Staat gaan borg teenstaan
“Oscar erg geskok,” sê pa
Oscar-skietery: Medelye stroom in vir meisie
Oscar Pistorius skiet glo meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.