Oscar het Reeva glo deur badkamerdeur geskiet

Reeva Steenkamp. Foto: Facebook

Oscar Pistorius (26) het omstreeks 09:00 by die Pretoria landdroshof opgedaag om vir borg aansoek te doen op aanklag van moord.

Die paralimpiese atleet word daarvan aangekla dat hy Donderdag sy vriendin, Reeva Steenkamp (30), vier keer deur ʼn badkamerdeur geskiet het, berig EWN. EWN berig dat, alhoewel hul ooreenstemmende inligting van die misdaadtoneel ontvang het, die polisie dit egter nog nie amptelik bevestig het nie. Die polisie sal glo meer inligting bekend maak na Oscar se saak in die hof voorgekom het.

Oscar het Donderdagaand in die aanhoudingselle van die Boschkop-polisiekantoor, oos van Pretoria, deurgebring voor hy Vrydag na die hof geneem is. Die polisie het gerugte ontken dat die polisie vroeër die dag gesê het Oscar het Reeva as ʼn inbreker aangesien.

Die staat het Donderdag gesê hulle gaan Oscar se borg teenstaan. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.