Oscar: Hierdie borgvoorwaardes is verlig

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/Sapa

Sommige borgaansoekvoorwaardes wat op die atleet en moordverdagte Oscar Pistorius van toepassing was, is Donderdag deur die Pretoriase hooggeregshof ter syde gestel.

Dié voorwaardes hou verband met sy teenwoordigheid by sy huis by die Silverwoods-landgoed in Pretoria en dat hy twee keer per week by die Brooklyn-polisiestasie moet aanmeld. Regter Bert Bam het gesê dié voorwaardes is nie in die hofbevel van 22 Februarie aangedui nie. “Hierdie twee voorwaardes kan ignoreer word,” het Bam gesê.

Bam het ook beslis dat Pistorius onder beheerde omstandighede oorsee mag reis.

Pistorius, wat op 14 Februarie in hegtenis geneem is nadat Steenkamp in sy huis in Pretoria doodgeskiet is, was nie vir die appèlaansoek in die hof nie.

Pistorius het appèl aangeteken teen die beperking dat hy nie sy huis mag besoek nie, en het aangevoer dat besoeke aan die polisiestasie hom onnodiglik tot die kriminele regstelsel blootstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mariette Hammann ·

Wat nou volgende? Kan hy maar oorsee rits en permanent tatta sê vir SA?

Elmarie ·

“en het aangevoer dat besoeke aan die polisiestasie hom onnodiglik tot die kriminele regstelsel blootstel” <——– LOL?

Helene ·

Ek stem saam met adv Gerrie Nel, dit wil voorkom asof die vent/OP nie die erns van die situasie besef en insien nie, wil aangaan met sy lewe asof niks gebeur het nie.

Mariette Hammann ·

Ja, toe was dit sowaar volgende. Hy mag maar oorsee rits. Tatta Oscar.

loni ·

Wys jou net wat geld kan doen. Reeva se ouers het daai gelukkie nie, hy kan aangaan met sy lewe want die pistorius dinastie het mos laer om hom getrek en sal betaal (of wie weet dalk selfs omkoop wie en wat hulle moet) om hul goue seun se bas te red. Tussen hom en sy boetie wie weet hoeveel miljoene al verkwansel is in die naam van ‘bloed’ klink soos ons regering en die se ‘comrades’. Leef en laat leef!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.