Oscar hoor dalk gou oor parool-appèl

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/Sapa

‘n Voorlopige hofdatum is bekendgemaak waarop die moordverdagte Oscar Pistorius se parool- appèl aangehoor gaan word.

Die nasionale vervolgingsgesag (NPA) het Vrydag gesê die voormalige verhoordatum is vir volgende Donderdag, 28 Maart, geskeduleer. Medupe Simasiku, die NPA se woordvoerder, het egter beklemtoom dat die datum nog deur die hof goedgekeur moet word. Daar moet ook nog bepaal word in watter hof die appèl gaan plaasvind.

Pistorius het onlangs sy borgtogvoorwaardes betwis en voer aan dat dit onregverdig en onbillik is. Pistorius se regsspan versoek dat verskeie van die borgtogvoorwaardes verander of geskrap word. Lees meer hier.

Pistorius is op 22 Februarie op R1 miljoen-borgtog vrygelaat nadat hy vir die moord op sy voormalige meisie, die model Reeva Steenkamp, in hegtenis geneem is. Hy beweer hy het haar per ongeluk doodgeskiet nadat hy haar as ‘n inbreker aangesien het. Hy moet weer op 4 Junie in die hof verskyn in verband met die moordsaak.

Lees ook:
Video: Dokumentêr oor Oscar se bloedige Valentynsdag
‘Oscar het nie selfmoordneigings nie’
Oscar wil sy huis verkoop
Reeva se ouers oorweeg siviele saak teen Oscar
‘Ondersoekbeampte se bedanking sal nie Oscar-moordsaak beïnvloed’
Oscar-moordsaak: Voormalige ondersoekbeampte Hilton Botha bedank uit polisie
Oscar en beeldpoetsers se paaie skei
Regering kap Oscar se pa oor uitlatings
ANC reageer op Henke Pistorius se “rassistiese uitlating”
Pistorius-familie distansieer hulself van Henke se uitlatings
Oscar: Pa blameer ANC vir gewere
Italiaanse dorpie stop Oscar se borgskap
Oscar-regskostes glo reeds sowat R1,2 miljoen
Time: “Oscar Pistorius en Suid-Afrika se kultuur van geweld”
Oscar: “Testosteroon” nie onwettig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.