Oscar hoor vanmiddag oor borg

Pistorius Donderdag tydens die derde dag van sy borgaansoek. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal na verwagting 14:30 hoor of hy op borgtog vrygelaat gaan word of nie. Pistorius is sedert verlede Donderdag in polisie-aanhouding nadat hy sy meisie, die model Reeva Steenkamp, in sy huis doodgeskiet het. Sy borgaansoek het Dinsdag in die Pretoriase landdroshof begin. Die staat en verdediging het Vrydag hul slotverhore afgehandel waarop landdros Desmond Nair die hof laat verdaag het. Hy sal na verwagting 14:30 sy uitspraak lewer.

Die staat het aangevoer dat Pistorius nie op borgtog vrygelaat moet word nie, omdat Pistorius moord met voorbedagte rade gepleeg het en ʼn vlugrisiko is. Pistorius het dit egter in ʼn verklaring ontken en hou vol dit was ʼn ongeluk en dat hy Steenkamp as ʼn inbreker aangesien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.