Oscar hou gedenkdiens vir Reeva

Reeva Steenkamp en Oscar Pistorius.

Oscar Pistorius (26) se familie het bevestig dat Pistorius vanaand ʼn private gedenkdiens vir sy voormalige meisie, die model Reeva Steenkamp (29), by sy oom se huis in Waterkloof gaan hou.

Pistorius is tans uit op borgtog van R1 miljoen. Hy word daarvan aangekla dat hy op Valentynsdag vir Steenkamp in sy spoghuis in die Silwer Woods-landgoed, in die ooste van Pretoria, doodgeskiet het.

Steenkamp is op 19 Februarie tydens ‘n private seremonie in Port Elizabeth veras.

Steenkamp se ouers het vroeër bekend gemaak dat hulle hul eie regspan aangestel het om hul belange te beskerm. Mike Venter, prokureur, en senior advokaat Dup de Bruyn is deur die familie aangestel. Die gesin het gesê dit is ‘n baie traumatiese en hartseer tyd vir hulle. Hulle sê verder hulle verstaan die intense mediabelangstelling, maar het die media gevra om hul privaatheid te respekteer en gesê hulle sal vir eers nie enige onderhoude toestaan nie.

Pistorius moet weer op 4 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sandy van litsenborgh ·

By maak dinge nou net erger you joy kop laag boetie NY is in genoeg moeilikheid!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.