Oscar Pistorius (26) se familie het bevestig dat Pistorius vanaand ʼn private gedenkdiens vir sy voormalige meisie, die model Reeva Steenkamp (29), by sy oom se huis in Waterkloof gaan hou.
Pistorius is tans uit op borgtog van R1 miljoen. Hy word daarvan aangekla dat hy op Valentynsdag vir Steenkamp in sy spoghuis in die Silwer Woods-landgoed, in die ooste van Pretoria, doodgeskiet het.
Steenkamp is op 19 Februarie tydens ‘n private seremonie in Port Elizabeth veras.
Steenkamp se ouers het vroeër bekend gemaak dat hulle hul eie regspan aangestel het om hul belange te beskerm. Mike Venter, prokureur, en senior advokaat Dup de Bruyn is deur die familie aangestel. Die gesin het gesê dit is ‘n baie traumatiese en hartseer tyd vir hulle. Hulle sê verder hulle verstaan die intense mediabelangstelling, maar het die media gevra om hul privaatheid te respekteer en gesê hulle sal vir eers nie enige onderhoude toestaan nie.
Pistorius moet weer op 4 Junie in die hof verskyn.
By maak dinge nou net erger you joy kop laag boetie NY is in genoeg moeilikheid!