‘Oscar huil baie en slaap min’

Pistorius verskyn in die Pretoria-landdroshof tydens sy borgaansoek in Februarie. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius ly aan sielkundige probleme sedert hy sy vriendin Reeva Steenkamp op Valentynsdag doodgeskiet het, het Pistorius se bestuurder in ʼn onderhoud gesê.

“Oscar slaap sleg. Hy eet sleg. Daar is dae wanneer hy oukei is maar ander dae is dit verskriklik,” het Peet van Zyl op die vooraand van Pistorius se hofverskyning aan die Duitse weekblad Der Spiegel gesê. “Wanneer jy met hom praat, natuurlik luister hy maar ek kan hom nie bereik nie, hy is nie daar nie. Hy huil baie.” Van Zyl sê Pistorius sien twee tot drie keer per week ʼn sielkundige. “Sy is streng met hom. Elke keer wat ek hom na ʼn sessie sien is hy heeltemal verwoes.”

Pistorius verskyn weer Dinsdag in die Pretoria-landdroshof nadat hy in Februarie op borg van R1 miljoen vrygelaat is. Sy hofverskyning sal glo net sowat 10 minute duur aangesien die polisie se ondersoek na die saak na verwagting eers teen Augustus afgehandel sal wees. Pistorius word van moord aangekla nadat hy Steenkamp op 14 Februarie doodgeskiet het. Pistorius voer aan dat hy haar as ʼn inbreker aangesien het terwyl die staat meen dit was moord met voorbedagte rade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.