Oscar kry borg

Pistorius Donderdag tydens die derde dag van sy borgaansoek. Foto: Werner Beukes/Sapa

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius is Vrydag op borgtog vrygelaat.

Sy vier dae lange borgverhoor het Dinsdag in die Pretoriase landdroshof afgeskop. Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, het die staat se bewering dat Pistorius ‘n vlugrisiko is verwerp. Hy het gesê dit is onmoontlik dat Pistorius ongesiens kan verdwyn en dat sy kunsbene gereelde onderhoud nodig het. Sy borgverhoor is as ʼn skedule 6-misdryf aangehoor. Pistorius se regspan kon uitsonderlike omstandighede bewys dat borg toegestaan moet word.

Pistorius word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, die model Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in sy spoghuis in die Silver Woods-landgoed, in die ooste van Pretoria, doodgeskiet het. Die staat het in ʼn poging om borg teen te staan, aangevoer dat Pistorius moord met voorbedagte rade gepleeg het. Pistorius het dit egter ontken en gesê Steenkamp se dood was ʼn ongeluk en dat hy gedink het ʼn inbreker is in sy huis.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Joey Odendaal ·

Uiteindelik!!!! Dit moet die eerste dag al gebeur het – SOOOO bly vir jou Oscar! Ons glo sterk aan jou onskuld! Sterkte en voorspoed!!!!

Petro Claassen ·

So bly Oscar ek bly nog een van jou grootste aanhangers…..Sterkte en onthou net 27% is nie aan jou kant nie die res is…p

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.