“Oscar kry homself jammer”

Oscar Pistorius wag Woensdag in die beskuldigdebank vir sy borgaansoek om voort te gaan. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die staat het Vrydag tydens sy slotverhoor in die vierde dag van Oscar Pistorius se borgtogaansoek gesê Pistorius erken nie die erns van die misdaad nie.

“Hy kon self sy weergawe in die hof gegee het, maar het in plaas daarvan besluit om ʼn verklaring te laat voorlees,” het adv Gerrie Nel, vir die staat, gesê.

Nel het, nadat Pistorius weer emosioneel geraak het, gesê dit lyk nie of Pistorius jammer is vir sy dade nie, maar net vir homself.

“Dit is moontlik om jammer vir jouself te voel nadat jy iemand geskiet het. Jy gaan dae in die hof spandeer, kan tronk toe gaan en selfs dink jou loopbaan is verby,” het hy gesê.

Nel hou vol borgtog moet teengestaan word want Pistorius is ʼn vlugrisiko. Hy het ook Pistorius se weergawe van die voorval bevraagteken. “’n Vrou wat om 03:00 na die toilet toe gaan en dan te hoor ‘daar is ʼn inbreker’, sal tog reageer,” het hy gesê.

Hy sê dit is nie toevallig dat daar ooggetuies is wat beweer hulle het ʼn vrou hoor skreeu voor Steenkamp doodgeskiet is nie.

“Lieg hulle? Hoekom sal onafhanklike mense jok?” het hy gevra.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Petra ·

ALWAYS !!! My hero …. Will always believe in You. You havent come this far to throw it all away just like that. Praying for you Oscar !

EEHF ·

Voel hy regtig jammer vir homself of verkeer hy nogsteeds in ‘n skok toestand?

Anne ·

EEHF, ek wonder oor dieselfde ding.. Het dit al ooit tot hom deurgedring wat werklik gebeur het?

pjk ·

Natuurlik sal hy emosioneel wees, hy was die eers op Reeva se roudiens nie, hy voel klaar skulding genoeg , pleks hulle hom onder huisares sit met streng voorwaardes, geen normale mens sal so lank onder druk kan bly nie, as hy wel skuldig is sal die waarheid seevier en hy sal swyg

Marius Buys ·

(limeriek)

Hy uit die tjoekie, ons kop in die war,
cop gefire, die hofsaak ‘n nar,
Kom daar dalk ‘n movie,
oor die mister groovy?
Is hy genomineer vir ‘n Oscar?

Kopiereg Marius Buys 2013

ansie hamman ·

my hart gaan uit na Oscar….om dan nie eens te praat van die buitensporige borg geld nie……ag nee net omdat hy bekend is! kyk net bv na die moordenaars wat vir eugene terblanche doodgemaak het, selfs die ondersoekbeampte! nee wat….ek glo geregtigheid sal seevier!

Marlené ·

Wat jy saai sal jy maai! Baie jammer’ vir haar familie. Kan net sè Rustig Rus Reeva. Jy is nou veilig. Dit kon nie werk nie Reeva.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.