Oscar misluk in poging om ekstra geweer-aanklagte te keer

Oscar Pistorius Foto: SAPA

Oscar Pistorius Foto: SAPA

Oscar Pistorius se regspan het misluk in ʼn poging om te verhoed dat twee ekstra vuurwapenaanklagte by sy moordaanklagte bygevoeg word, het eNCA Dinsdag berg. Albei aanklagte hou verband met bewerings dat Pistorius roekeloos opgetree het en ‘n vuurwapen in openbare plekke gevuur het.

In een van sy eerste belangrike besluite as Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, het Mxolisi Nxasana, die vertoë van Pistorius se regspan verwerp.

Na wat berig word, het Pistorius se regspan aangevoer dat die twee aanklagte nie deel van sy moordverhoor moet wees nie, aangesien dit buite die jurisdiksie van die Noord-Gautengse hooggeregshof plaasgevind het. Hulle beskou die aanklagte as “karaktermoord”.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat Nxasana die vertoë van die hand gewys het.

Pistorius se prokureurs het nog nie kommentaar gelewer nie.

Pistorius se moordverhoor skop in Maart volgende jaar af. Hy word daarvan verdink dat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag by sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet het. Pistorius voer aan dit was ʼn ongeluk en dat hy haar vir ʼn inbreker aangesien het.

Bron. eNCA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.