Oscar: Moord was nie beplan nie, sê verdediging

Oscar Pretorius Vrydag in die Pretoriase landdroshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het in die hof begin huil toe sy prokureur Dinsdag ontken het dat die moord op sy vriendin, die model Reeva Steenkamp, met voorbedagte rade gepleeg is.

Adv. Barry Roux het in die Pretoriase landdroshof gesê hulle voer aan dat dit nie moord was nie. Hy sê hulle stem glad nie saam nie, en wil nie eers die toegewing maak dat dit moord was nie. Hy sê die staat kan nie bewys dat Oscar geweet het dat Reeva aan die ander kant van die geslote badkamerdeur was nie.

Roux sê daar is baie gevalle waar mans hul vrouens of kinders geskiet het nadat hulle as inbrekers aangesien is. Hy het gesê hy sal ook bewyse bring dat daar rooftogte en diefstal in veiligheidskomplekse plaasvind.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het vroeër gesê Oscar het sy prosteses aangetrek, 7m ver na die klein badkamer geloop en vier skote deur die deur geskiet. Drie koeëls het Reeva getref. “Hy het homself voorberei. Hy het homself gewapen. Die motief was moord,” het Nel gesê. Oscar het daarna haar liggaam na die grondverdieping van sy huis in Silver Woods-landgoed gedra, en glo aan ʼn vriend of sy suster gesê hy het gedink sy was ʼn inbreker.

Die verhoor duur voort.

Lees ook:
Oscar: Niks ondersteun inbraak-verweer nie, sê aanklaer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.