Oscar-moordsaak: Een groot weglating uit lys van getuies

Oscar Pistorius op 19 Augustus 2013 in die Pretoriase landdroshof Foto: Werner Beukes/SAPA

Alhoewel die staat aangedui het dat hy 107 getuies in sy saak het teen Oscar Pistorius, is daar een opvallende weglating, berig EWN.

Die Springbok-rugbyspeler Francois Hougaard se naam was wel op die voorlopige lys van getuies, maar sy naam het nie Maandag op enige lys verskyn nie. EWN berig dat staatsaanklaers egter steeds vir Hougaard soos ‘n getuie kan hanteer en met hom in gesprek kan tree.

Hougaard en Reeva Steenkamp, wat op 14 Februarie in Pistorius se huis doodgeskiet is, was in ‘n verhouding voordat Steenkamp en Pistorius begin kuier het. In die weke na die skietvoorval het gerugte die ronde gedoen dat ‘n teksboodskap van Hougaard aan Steenkamp moontlik aanleiding gegee het tot die vermeende uitval tussen Pistorius en Steenkamp voor die skietery.

Bure beweer hulle het ‘n gegil gehoor voordat skote in die atleet se huis afgevuur is.

Selfoondata van die nag van die skietery het egter geen rekord van ‘n oproep of ‘n teksboodskap van of na Hougaard nie.

Pistorius het Maandag vlugtig in die Pretoriase landdroshofverskyn waar die saak na die Noord-Gautengse hooggeregshof oorgeplaas is. Die saak sal na verwagting op 3 Maart 2014 begin. Pistorius voer aan hy het haar vir ‘n oortreder aangesien, maar die staat sal aanvoer dit was moord met voorbedagte rade.

Klik hier vir die volledige lys van getuies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bets Botes ·

Sy moes beslis ‘n verskriklike angsvolle tyd belewe het gedurende daardie nag van die kolf en die koeels……..en hy beleef nou dieselfde verskriklike angsvolle tydperk wat hy nou ingaan…skuldig of onskuldig!!

akram ·

Die vraag wat al so baie gevra is, wanneer mag n boef skiet in my huis? kom ons aanvaar hy het regtig gedink daar is boef in sy badkamer. was sy lewe in gevaar gewees? hoe seker kon hy wees dat die boef gewapen was? Het sy honde geblaf? Hy mos eers seker gemaak het dat die persoon in sy badkamer wel n boef was. hy het n bedmaat gehad, wat het hy gedoen om haar veligheid te verseker? Hy kon seker die boef gewaarsku het dat hy hom gaan skiet as hy die deur sou oopmaak. Vandag kan mens nie meer die kaanse vat nie, maar wat sou die redelike man op straat gedoen het? Die oomblik dat n vuurwapen afgevuur word, is daar geen omdrai kaans vir daai projektiel nie. Ek kan saamstem dat hy die persoon wat agter die deur was wou skiet, en dat dit sy plan was om wie ook al in die badkamer is, te skiet. misken nie dood nie, maar wel wou verwond.

Frans ·

Pistorius het seker geweet dat sy geliefde in die huis was?, of dalk nie, hoekom nie? Aggenee man jy maak mos eers seker dat jou geliefde veilig is, en nie in die badkamer nie. As jy seker is sy is veilig dan laat weet jy haar dat sy op ‘n sekere plek moet skuil en laat weet haar wat jou volgende stap gaan wees, voordat jy soos ‘n mal ding begin lostrek op jou badkamer deur. Wat gaan jy doen as jy kinders het? Jy kan dalk jou geliefde hond ook doodskiet wat in die badkamer gegaan het en die deur toegetrek het. As jy nie weet waar jou geliefde is nie, maak jy staat op jou geloof in God om haar eers te Vind voordat jy die volgende stap neem.

Neewat pistorius jy sal mooi moet verduidelik hoe jy so ‘n jong lewe geneem het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.